Sunday 8 January 2017

Ai as ek maar in n klein huisteater kon gaan sit saam met die mense wat die tweede helfte van 2016 so vinnig kon laat verbyskiet en ons die jaar weer kon oorspeel en op doek in oenskou neem, sou ons seker baie lekker saamgelag en gehuil het. Dis n jaar wat ek nie graag sou wou oorhe nie maar tog sou ek so baie dinge anders gedoen het as ek dit kon oorkry. Soms wens ek dat daar wel kanse is om dinge reg te maak.
Daar is soveel mense wat ek so graag persoonlik sou wou bedank maar dit werk net nie uit nie!   Met hierdie geleentheid wil ek se baie baie derduisend dankies vir al jul liefde en op offering....dit is nog steeds nie dankie genoeg nie.
Vir die Here Jesus wil ek se....Here U is my Alfa en Omega.sonder U kan ek nie lewe nie.Sonder U sien Ek nie kans vir 2017 nie!! I love you Lord!
Kom ons lees Korintiers 13 weer hierdie jaar en kyk of ons harte sag genoeg is.....mens dink soms dit is maar dan kom mens in omstandighede waar jy getoets word en besef jy is nog hard. Laat ons vanaand ons harde harte vir die Here gee en vra dat Hy vir ons sagte harte gee. Kom ons gaan die nuwe jaar in met volkome vergifnis  aan diegene wat ons voel om te vergewe om een of ander rede!! Daar is seker honderde  redes  waarvoor mense my moet vergewe!! Ek vergeef almal nou wat vir my kwaad is...julle het seker genoeg rede!! Ek spreek jul vry! Onthou mense.....as kinders van GOD kan en mag ons nie vergeet om die volle wapenuirusting van God aan te trek nie.!!! Ons stryd is mos in elk geval nie teen mekaar nie....dis teen die bose magte en geeste in die lug!!
Lees gerus Efesiers 6
Baie Voorspoed sterkte en seen van die Here vir Jul....en onthou.....met Genade van Bo sal Hy ons deurdra en ook 2017 VOORSPOEDIG maak!